Modulekode | BOK 382 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | (a) Swangerskap (b) Neonatologie Die studie van normale fisiologie komplekse en patologiese toestande rakende swangerskap en geboorte. Daar word gebruik gemaak van verskillende leergeleenthede en -situasies, insluitend voorgeboorteklinieke, kraamsale en neonatale eenhede. Klem word geplaas op die verkryging van wetenskaplik gefundeerde inligting, asook die aanleer van belangrike praktiese en kliniese vaardighede. Die gedragswetenskappe figureer ook in die blok en die maatskaplike, gesins- en gemeenskapsverwante aspekte word aangespreek. (c) Groei en ontwikkeling (2 weke) Die studie van die unieke aspekte van die fisiese groei en neuro- ontwikkeling van ’n normale kind. Leergeleenthede word aan die student gebied om probleme rakende die groei en ontwikkeling te identifiseer, asook om kinders met abnormale groei en ontwikkeling te evalueer en te hanteer. Klem word geplaas op die voorkoming, evaluering en hantering, asook die effektiewe behandeling met besliste gevolg. Hierdie blok integreer met die vorige blok ten einde die student in staat te stel om die kontinuum van groei en neuro-ontwikkeling vanaf die voorgeboorte tot nageboorte milieu te verstaan. |
Modulekrediete | 55.00 |
Programme | |
Voorvereistes | BOK 280,GNK 288,BOK 284,GPS 280,BOK 281,GNK 283,GNK 286, |
Kontaktyd | 12 lesings per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Obstetrie Ginekologie |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App